- 06h30 - Ontvang van kabouters. Vryspel op die mat tot almal teenwoordig is.
- Toilet Roetine & Hande was
- 08h00 - Ontbyt wat deur skool voorsien word
- Weegkaart, Register & Nuus, Musiek en beweging
- Bybelstorie & Samesang
- Tema bespreking
- Stimulasie (Volgens die Eldas program)
- Buitespel & Buitemuurse aktiwiteite
- Badkamer roetine & hande was
- Musiek & Beweging
- Middag ete wat deur skool voorsien word
- Storietyd
- 12h00 - Rustyd (Vrydae geen slaap tyd)
- Buitespel
- Kosblikkie tyd wat deur ouers voorsien word
- Hande was en tassie pak
- 17h00 - Wag vir ouers in die Gogga klas (wag klas)
Ons gebruik die Eldas Program. Ons volg dus ’n meer formele program waar die fokus natuurlik op skoolgereedheid sal wees.
Ons doen deurlopende assessering en daarom word daar nie elke dag ’n prentjie huistoe gestuur nie, meeste prentjies word in die bindleêr gesit en dan aan die einde van die jaar huis toe gestuur.
Hier in die Miere klas gaan ons hulle nou baie slim maak. Verslae word aan die einde van die eerste en derde kwartaal uit gedeel met raporte die tweede en vierde kwartaal sodat u, u Kleuter se vordering kan sien. U as ouer kan enige tyd met jou onderwyseres kom praat. Taal en groot motoriese ontwikkeling is ons fokus vir die jaar. Vir die doel steun ons dus op die Eldas program wat duidelik uiteengesette doelwitte vir elke ontwikkelings fase van die kleuter het.
COVID 19 Reëls en Regulasies:
ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel.
Temperatuur word 3 keer per dag geneem, sosiale distansieëring word toegepas, klas- en speelgoed word elke dag
gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke word gebruik nie en personeel dra heeldag maskers.
Terug | Terug na bo |