JOIN OUR MAILING LIST

Ons Naskool kinders word by hulle onderskeie skole opgelaai en na Kabouterland toe gebring en ons voorsien middag ete aan hulle.

Die kinders work ook vir 2 skool aktiwiteite by die skool opgetel na hul aktiwiteit.

Ons verleen hulp met hulle huiswerk.

Vervoer kostes is by die maandelikse skoolfooi ingesluit.

Gedurende vakansie tye kom hulle voldag na Kabouterland teen geen ekstra kostes nie waarby hulle dan ontbyt en middag ete kry.

Daar word n vakansie program gedoen en sal daar soms ekstra kostes wees vir die program, maar dit sal vooraf gekommunikeer word.

 

By Kabouterland kleuterskool (crèche) besef ons die negatiewe impak op u verhouding met u kind as huiswerk die primere fokus is van u interaksie met u kind. Om u die geleentheid te bied om kwaliteit verhoudingstyd met u kind te kan spandeer, poog Kabouterland voortdurend om die kwaliteit van skoolhuiswerk monitoring en onderrig te verbeter sodat die hoogste standaard gehandhaaf kan word.

Vervoer word vanaf die volgende laerskole in die omgewing voorsien:

  • Wierda Park
  • Bakenkop

Vervoer kostes is by die maandelikse skoolgelde ingesluit, asook vakansie tye voldag met etes ingesluit.

 

 

COVID 19 Reëls en Regulasies:

ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel.

Temperatuur word 3 keer per dag geneem, sosiale distansieëring word toegepas, klas- en speelgoed word elke dag
gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke word gebruik nie en personeel dra heeldag maskers.

Terug Terug na bo