JOIN OUR MAILING LIST


Baie welkom aan al ons nuwe Miertjie, en ook aan hul mammas en pappas!  Ons glo u kleinding sal sommer gou tuis voel en dat dit ‘n baie lekker jaar vir ons almal gaan wees.

 

 Ons nooi ons mammas en pappas vriendelik uit om met enige probleem of vrae na ons toe te kom.                            

 Twee koppe is soms beter as een………

?

Miertjies Klasprogram

 

*  Ontvang kinders by Ouers - Kyk TV/ Speel blokke /

    luister musiek 06h30 tot 7h30 in die Vissie klas

*  Groet mekaar op spesiale manier

*  Was handjies

*  Potjie tyd

*  Pap tyd. Word deur skool voorsien

*  Was handjies en gesiggies

*  Bybel storie word vertel

*  Opvoedkundige Lessietyd & Aktiwietyd vir die dag

*  Potjie tyd en buite speel

*  Was handjies en gesiggies

*  Groot Motories en sing met musiek

*  Middagete. Word deur skool voorsien

*  Potjie tyd                                   

*  Slaaptyd - +- 11h30

*  Potjie tyd

*  Kosblikkie tyd wat deur ouers voorsien word

*  Potjie tyd en buite speel

*  Was handjies en gesiggies

*  Potjie tyd

*  Speel buite

*  Was handjies en gesiggies + doeke aan sit

*  Wag vir Ouers en kyk TV /luister musiek in Vissie klas vanaf 16h30

?

Kinders drink gesuiwerde water / tee deur die loop van die dag

 

COVID 19 Reels en regulasie:

?

ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel

Temperatuur word 3 keer n dag geneem, sosiale distansiering, klas/speelarea word elke dag gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke mag gebruik word, personeel dra maskers heeldag. Hoedjie met skerm word gedra. Die volgende word deurlopend ontsmet: speelgoed, badkamers, mattrasies, matras lakens, vloere.

?

 Net ‘n paar sakies om onder u aandag te bring:

 

1. Kommunikasie

?

Graag dra ons u kleuter se belange op die hart en nooi u daarom vriendelik uit om met Juffrou Izel of Erna in die kantoor, te kom praat of ’n afspraak te maak oor enige kwellinge en/of vrae wat u mag hê oor u kleinding.Ons glo by Kabouterland aan ’n oopdeur beleid. U as ouer kan regtig enige tyd met ons gesels.Ekstra aktiwiteite is goed vir kabouters om te doen hier stel ons voor Monkey Nastix, Kinder Muzik.’n Ekstra aktiwiteit is nie ’n verpligting nie, die skool se kurrikulum is voldoende sodat u kleintjie net so goed sal vorder sonder ’n ekstra aktiwiteit.

 

2. Program

?

Ons gebruik die Blitsige Breintjie Program.Ons volg dus ’n meer formele program waar die fokus natuurlik op skoolgereedheid sal wees.

 

3. Assessering

?

Ons doen deurlopende assessering en daarom word daar nie elke dag ’n prentjie huistoe gestuur nie, meeste prentjies word in die bindleêr gesit en dan aan die einde van die jaar huis toe gestuur.

 

4. Benodighede

?

Ek sal dit hoog op prys stel indien u die volgende skool toe kan stuur:

?

Per dag:                             

?

  1. 4 x Doeke (word minder soos met “potty-train”

  2. 6 x onderbroekies/panties

  3. 4 x Volledige stelle klere

  4. 2 x “Sippy cups”

  5. Kosblikkies met enige iets waarvan u peuter hou, bv.  Broodjie, vrug, beskuitjies, yogurt ens. Die twee hoofmaaltye word deur die skool voorsien

 

Per maand:

?

  1. 2 x Wet Wipes

  2. 2 x Tissues

  3. 1 x Sonroom (somer)

  4. 1 x Campher room  (winter)

  5. 1 x hoedjie in die somer

 

Per jaar:

?

  1. 1 x A4 Dik PVC ring bindlêer, mooi oorgetrek met naam op (enige kleur)

  2. 1 x 30 lêer sakkies

  3. 1 x Bright Board Pad (A4, 50 sheets)

  4. 1 x Bright Paper Pad (20-50 sheets)

  1. 2 x Duidelik gemerkte pink (dogtertjies) en blou ( Seuntjies) waslap met ’n lussie

  2. 2 x Stiffie Pritt

  1. 1 x Legkaart. 12 stuk (Butterfly wood puzzle)

  2. 1 x Emmertjie met ’n grafie vir sandput gemerk

  3. 1 x Bal, gemerk (medium grote)

  4. 1 x Boks disposable nappy bags min van 100 sakkies

  5. 1 x A5 boekie,(96 bladsye) klaar oorgetrek met kleuter se naam op

  6. 1 x Inkleur boek (30+ Bladsye)

?

Die res van ons opvoedkundige toerusting word deur die skool voorsien. Onthou ons Miertjies word nou groot en hulle word nou baie slim gemaak.

 

Vriendelike Groete,

 

Kabouter klas Personeel: Juffrou Izel, Tannie Margie en Tannie Hope

Terug Terug na bo