JOIN OUR MAILING LIST

Baie welkom aan al ons nuwe Miertjie, en ook aan hul mammas en pappas!  Ons glo u kleinding sal sommer gou tuis voel en dat dit ‘n baie lekker jaar vir ons almal gaan wees.

 

Graag dra ons u kleuter se belange op die hart en nooi u daarom vriendelik uit om met Juffrou of Erna in die kantoor, te kom praat of ’n afspraak te maak oor enige kwellinge en/of vrae wat u mag hê oor u kleinding.Ons glo by Kabouterland aan ’n oopdeur beleid. U as ouer kan regtig enige tyd met ons gesels.

 

 

  • Ontvang Kabouters – Mat aktiwiteite tot almal teenwoordig is
  • Pap tyd. Word deur skool voorsien
  • Toilet roetine, seuns & dogters apart
  • Rek en strek oefeninge
  • Bybelstorie & samesang
  • Opvoedkundige Lessietyd & Aktiwietyd vir die dag (volgens die Eldas program)
  • Buitespel & Buitemuurse aktiwiteite
  • Musiek & bewegings
  • Toilet Roetine
  • Hande & gesiggies was
  • Middag ete. Word deur skool voorsien
  • Slaap tyd
  • Kosblik tyd. Word deur ouers voorsien
  • Buitespel
  • Hande was & toilet roetine
  • Wag vir ouers in die wag klas - Kyk TV – 17h00 tot 17h30

In die klas word daar deurlopend gewerk aan- Fynmetories, Grootmetories, Kognitiewe, Ouditiewe Persepsie, Taalontwikkeling, Visuele Persepsie en 
Geloofsvorming.

Ons doen deurlopende assessering en daarom word daar nie elke dag ’n prentjie huistoe gestuur nie, meeste prentjies word in die bindleêr gesit en dan aan die einde van die jaar huis toe gestuur.

 

Hier in die Miertjies klas gaan ons hulle nou baie slim maak. Verslae word aan die einde van die eerste en derde kwartaal uit gedeel met raporte die tweede en vierde kwartaal sodat u, u Kleuter se vordering kan sien. U as ouer kan enige tyd met jou onderwyseres kom praat. Taal en groot motoriese ontwikkeling is ons fokus vir die jaar. Vir die doel steun ons dus op die Eldas program wat duidelik uiteengesette doelwitte vir elke ontwikkelings fase van die kleuter het.

 

 

 

 

COVID 19 Reëls en Regulasies:

ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel.

Temperatuur word 3 keer per dag geneem, sosiale distansieëring word toegepas, klas- en speelgoed word elke dag
gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke word gebruik nie en personeel dra heeldag maskers.

Terug Terug na bo