JOIN OUR MAILING LIST


Baie welkom in die Dwergie klas. Ouderdom 3 maande tot 12 plus maande. Jou Kaboutertjie moet kan sterk loop, dus kan dit wees op ongeveer 16 maande voor hulle oorskuif na die Elfie klas.

 

Graag dra ons u baba se belange op die hart en nooi u daarom vriendelik uit om met Juffrou Roline  te kom praat of ’n afspraak met Erna te maak oor enige kwellinge en/of vrae wat u mag hê oor u kleinding.  Ons glo by Kabouterland aan ’n oopdeur beleid. U as ouer kan regtig enige tyd met hulle praat. ’n Ekstra aktiwiteit is nie ’n verpligting nie, die skool se kurrikulum is voldoende sodat u kaboutertjie net so goed sal vorder sonder ’n ekstra aktiwiteit.

?

Grootmotoriese Ontwikkeling en Koordinasie

?

  • Laat baba op hul ruggie lê, hou baba se beentjies vas en laat  “fietstrap”.

  • Maak ‘n string aan ‘n bewertjie (mobile) vas en sit dit in baba se hand/maak dit aan voet vas.  Dis ‘n prettige manier om oorsaak en gevolg te ontdek.

  • Laat baba op rug lê, druk voetjies na kniee toe en maak seker skouers is plat (op die vloer), wieg bene heen en weer.  As baba sterkter is, kan groter bewegings gemaak word.

  • As baba gestut kan sit, sit ‘n speeding aan die regterkant neer en plaas regterhand daar naby.  Help baba nou om gewig na daardie hand te verskuif sodat baba met die linkerhand na die speeding kan gryp.  Herhaal dit na die anderkant toe.

  • Vat dytjies vas wanneer doek omgeruil word, en rol oor van die een kant na die ander.

  • Laat baba op jou skoot sit, en hou aan heupe vas terwyl vorentoe en agtertoe, links en regs, en op en af laat wieg.

  • Laat ogies gereeld die middellyn van lyfie oorsteek.  Laat voorwerpe volg of na jou gesig kyk.  Doen dit egter net vir kort rukkies.

  • Laat op magie lê en kop oplig;  sit ‘n speeding as aandagtrekker voor baba neer.

 

Ouditiewe Persepsie

?

  • Praat in versillende stemtone met baba.

  • Praat in kort sinne.  Moenie babataal praat nie.

  • Boots baba geluide na en beklemtoon die wat na regte woorde klink.  As baba byvoorbeeld na haar/sy bottel as “bo” verwys, sê “Ek sien dis jou bottel”.

  • Speel met klanke.  Sê byvoorbeeld ‘n slang maak “sss”, ‘n motortjie maak “broem-broem”, en die kos smaak  lekker “mmm-mmm”.

  • Praat gedurig oor wat jy/julle doen, en noem dinge en aktiwiteite by die naam.

  • Sing vir baba hoe en lae, en vinnige en stadige note, asook vloeiende en afgebroke klanke.  Sê telkens watter soort note/klanke jy sing.

 

Taalontwikkeling

?

  • Vertel baba waarmee jy besig is.

  • Skep lawwe roetines waarin baba self ‘n rol kan speel.  Sit byvoorbeeld elke keer as julle baba se doek omruil ‘n hoed op.

  • Gebruik baba se naam soveel as moontlik.

  • Herhaal woorde.  Sê byvoorbeeld “kielie, kielie, kielie” vir ‘n paar keer, en verander dit dan skielik na “kielie, kielie”.  Kyk of baba die verskil agterkom.

  • Maak grappies, en ontwikkel so  humorsin.  ‘n Verrassingselement kom altyd hier handig te pas.

  • Wanneer jy vir baba lees, vra vrae en beantwoord dit self.

 

Visuele Persepsie

?

  • Laat baba bewegende voorwerpe met oë volg.

  • Laat baba na gesigte kyk, teken self gesigte, en kyk daarna in boeke en albums.

  • Neem baba gereeld buite toe, en noem soveel moontlik voorwerpe en aksies by die naam.

  • Speel die “waar’s hy, daar’s hy”- speletjie.

  • Hang verskillende items aan baba se bedjie op, en laat baba daaronder lê en dophou.

  • Rol ‘n bal, en laat baba die beweging met oë volg.

 

Geloofsvorming

?

  • Speel Christelike musiek, en sing ook self vir baba geestelike kinderliedjies.

  • Vertel vir baba dat jy en Jesus haar liefhet.

  • Bid hardop voor slaaptyd.

?

Die volgende sal benodig word (Merk  alles asb duidelik):

?

Per dag: 

                                 

  1. 6 x Doeke

  2. Melk (Botteltjies of bekertjie) – Merk asb duidelik

  3. Kosblikkies met peuselhappies wat deur ouers voorsien word.  Die twee hoofmaaltye word deur die skool voorsien.

 

Per Week: 

 

Kussing, kussingsloop en kombersie (Duidelik gemerk)

 

Per maand:

?

  1. Wet Wipes

  2. Boudjie salf

  3. Tissues

  4. 1 x Sonroom (somer)

  5. 1 x Puma Balm (winter)

  6.  1 x Son hoed vir die somer- baie belangrik

 

 Per jaar:

?

  1. 1 x A4 Kommunikasie boekie oorgetrek met naam en foto op

  2. 1 x A4 Flip File

  3. 1 x Pakkie Jumbo Vetkryte (9) van 8 maande af

  4. 1 x Vet (groot) bordkryt

  5. 1 x Pennetjies legkaart, gemerk van 6 maande af.

  6. 2 x Waslappe (gemerk)sal moontlik deur die jaar vervang moet word.

  7. 1 x Knoppies bal

  8. 1 x  Stack bundle

  9. 4 x Pakkies jelly

  10. 1 x Koek kleursel – enige kleur

  11. 1 x Pak balonne

  12. 1 x Pakkie vere

  13. 1 x Emmertjie en grafie

?

Dwergies Klasprogram

 

06:30 – 07:30 - Ontvang Kaboutertjies, neem boodskappe, rustige agtergrond musiek, vryspel

07:30 – 07:50 - Pap / Ontbyt

08:00 – 08:10 - Medikasie

08:10 – 08:30 - Doeke Roetine & Hande was

08:30 – 09:15 - Oggend slapie

09:15 – 10:00 - Stimulasie

10:00 – 10:10 - Versnappering (Tee / Marie beskuitjies / Chips of yogurt)

10:10 – 10:30 - Musiek (sing) & Luister en beweeg op musiek

10:30 – 10:45 - Doek Roetine & Hande was

10:45 – 11:00 - Taalontwikkeling:  Storie, tel rympies, boekies, versies, tafelgebedjie

11:00 – 11:20 - Middagete

11:20 – 11:45 - Handjies & mondjies afvee. Doek Roetine

11:45 – 14:00 - Kabouters Slaap

14:00 – 15:00 - Medisyne (die wat moet kry) & Doek roetine En bottels drink

15:00 – 16:00 - Groot Motories:  Bal speletjies & ander  speelgoed

16:00 – 17:00 - Handjies & mondjies afvee.  Doek roetine

17:00 – 17:30 - Vul bottels met tee. Kabouters is rustig en speel met sagte speelgoedjies terwyl ons vir mamma wag

 

COVID 19 Reels en regulasie:

?

ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel. Temperatuur word 3 keer n dag geneem, sosiale distansiering, klas en speelgoed word elke dag gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke word gebruik, personeel dra maskers heeldag.

?

Hier in die Dwergie klas gaan ons hulle nou baie slim begin maak.  Daar word dan ook twee keer die jaar verslae uit gegee waarin u, u Kabouter se vordering kan sien.  Dit word aan die einde van elke tweede en vierde kwartaal uit gedeel.Taalontwikkeling en groot motoriese ontwikkeling is ons fokus vir die klassie.  Vir die doel steun ons dus op die Blitsige Breintjies Stimulasie program wat duidelik uiteengesette doelwitte vir elke ontwikkelings fase van die kleinding het.

?

Vriendelike groete,

?

Dwergie Personeel: Juffrou Roline en Tannie Grace

Terug Terug na bo