JOIN OUR MAILING LIST


Baie welkom in die Elfie klas!

 

Ons Elfies word groot en is reg om na ’n groter klassie toe te skuif.  Ons glo dit gaan sommer  baie lekker wees met al ons nuwe maatjies.

 

Graag dra ons u kleuter se belange op die hart en nooi u daarom vriendelik uit om met Juffrou Marisa te kom praat of by Erna in die kantoor, oor enige kwellinge en/of vrae wat u mag hê oor u kleinding.Ons glo by Kabouterland aan ’n oopdeur beleid. U as ouer kan regtig enige tyd met hulle praat.Ekstra aktiwiteite is goed vir kabouters om te doen hier stel ons voor Monkey Nastix of Kinder Muzik.Aangesien ekstra aktiwiteite nie by skoolgeld ingesluit is nie, is dit nie ’n verpligting nie, die skool se kurrikulum is voldoende sodat u Kaboutertjie net so goed sal vorder sonder ’n ekstra aktiwiteit.

?

*  Ontvang Kinders by ouers - Kyk TV of luister Musiek in die Elfie/Dwergie klas

*  Pap tyd. Word. Word deur skool voorsien

*  Was hande en gesiggies

*  Bottels drink

*  Bybel storie vertel

*  Aktiwiteit vir die dag

*  Buite speel

*  Was hande en gesiggies

*  Middag ete. Word deur skool voorsien

*  Was hande en gesiggies

*  Slaaptyd storie

*  Slaaptyd +- 11h30

*  Bottels drink

*  Kosblikkie tyd wat deur ouers voorsien word

*  Was hande en gesiggies

*  Buite speel

*  Was hande en gesiggies

*  Bottels drink

*  Wag vir Ouers en kyk TV of luister Musiek in Elfie/Dwergie klas

*  Doeke word deur die dag gereeld geruil

?

Hieronder is ’n benodigheids-lys van ons daaglikse behoeftes (Merk asb duidelik):

?

Per Dag:                                              

 

6 x Doeke per dag met naam op pakkie

Melk (Botteltjies of bekertjies) met naam op

Plastiese sakkies vir vuil klere

2 x Stel ekstra klere

 

Per Maand:

?

1 x Pak wet wipes 

1 x Boudjie salf

1 x Boks tissues

 

1 x Son hoed in somer

?

Per Jaar:

 

1 x A4 Flip File (60 bl)

1 x Pakkie Jumbo Vetkryte (9)

1 x Pennetjies legkaart – 6 stuk

1 x Waslappe (groen) met ’n lussie aan, merk asb duidelik

1 x  Stack bundle

1 x Emmertjie & Grafie vir    buitespel (sandput)

1 x A4 Kommunikasie boekie oorgetrek met naam en foto op.

2 x Botteltjies Ponal Gom

1 x Pritt

1 x Groot bal

2 x Pak A4 Kartonne

2 x Son room

?

Hier in die Elfie klas gaan ons hulle nou baie slim maak. Verslae word aan die einde van die tweede en vierde kwartaal uit gedeel sodat u, u Kleuter se vordering kan sien. U as ouer kan enige tyd met jou onderwyseres kom praat. Taal en groot motoriese ontwikkeling is ons fokus vir die jaar. Vir die doel steun ons dus op die Blitsige Breintjies program wat duidelik uiteengesette doelwitte vir elke ontwikkelings fase van die kleuter het.

?

Elfie klas personeel: Juffrou Marisa, Tannie Martha en Tannie Saphinah

 

COVID 19 Reels en regulasie:

?

ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel. Temperatuur word 3 keer n dag geneem, sosiale distansiering, klas/speelarea word elke dag gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke mag gebruik word, personeel dra maskers heeldag,. Hoedjie met skerm word gedra. Die volgende word deurlopend ontsmet: speelgoed, badkamers mattrasies, matras lakens, badkamers, vloere. Ontsmetting staanders is by elke klas.

 

 

Terug Terug na bo