JOIN OUR MAILING LIST

Baie welkom in die Gogga klas!

Graag dra ons u kleuter se belange op die hart en nooi u daarom vriendelik uit om met Juffrou te kom praat of by Erna in die kantoor, oor enige kwellinge en/of vrae wat u mag hê oor u kleinding.Ons glo by Kabouterland aan ’n oopdeur beleid. U as ouer kan regtig enige tyd met hulle praat.

 

 

  • Ontvang kinders by Ouers - Kyk TV/ Speel blokke / luister musiek 
  • Groet mekaar op spesiale manier
  • Was handjies
  • Potjie tyd
  • Pap tyd. Word deur skool voorsien
  • Was handjies en gesiggies
  • Bybel storie word vertel
  • Opvoedkundige Lessietyd & Aktiwietyd vir die dag (Volgens die Eldas program)
  • Potjie tyd
  • Buite spel
  • Was handjies en gesiggies
  • Groot/Fyn Motories 
  • Musiek: Sing en dans
  • Middagete. Word deur skool voorsien 
  • Potjie tyd                                 
  • Slaaptyd - +- 11h30
  • Potjie tyd
  • Kosblikkie tyd wat deur ouers voorsien word
  • Potjie tyd
  • Buite spel
  • Was handjies en gesiggies
  • Potjie tyd 
  • Was handjies en gesiggies + doeke aan sit
  • Wag vir Ouers - mat spel

Kinders drink gesuiwerde water / tee deur die loop van die dag

In die klas word daar deurlopend gewerk aan- Fynmetories, Grootmetories, Kognitiewe, Ouditiewe Persepsie, Taalontwikkeling, Visuele Persepsie en Geloofsvorming.

Hier in die Gogga klas gaan ons hulle nou baie slim maak. Verslae word aan die einde van die eerste en derde kwartaal uit gedeel met raporte die tweede en vierde kwartaal sodat u, u Kleuter se vordering kan sien. U as ouer kan enige tyd met jou onderwyseres kom praat. Taal en groot motoriese ontwikkeling is ons fokus vir die jaar. Vir die doel steun ons dus op die Eldas program wat duidelik uiteengesette doelwitte vir elke ontwikkelings fase van die kleuter het.

 

 

 

COVID 19 Reëls en Regulasies:

ALLES word deurlopend ontsmet met kindervriendelike ADI ontsmettingsmiddel.

Temperatuur word 3 keer per dag geneem, sosiale distansieëring word toegepas, klas- en speelgoed word elke dag
gespuit met ADI, geen waslappe of handoeke word gebruik nie en personeel dra heeldag maskers.

Terug Terug na bo