Om ‘n plek van liefdevolle verkoestering te wees vir dié wat naaste aan God se hart is:
-
ʼn plek waar geleentheid geskep word vir God se liefde en genade om sy kindertjies se lewens te impakteer.
-
ʼn Plek waar kinders se lewens so materieël verander word dat dit ‘n wesenlike invloed op hul gesinne het.
-
ʼn Plek van bediening en waar kinders aan die voete van ons Heer geplaas word.
-
ʼn Plek waar God se teenwoordigheid tasbaar ervaar word en die Vrug van die Gees vrylik gedemonstreer word deur die aksies van Kabouterland personeel en -bestuur.
-
ʼn Plek waar ouers met gemoedsrus hul kindertjies kan besorg met die wete dat hul mees gesogte besittings liefdevol versorg en professioneel onderrig word.
-
ʼn Plek waar kindertjies allesomvattende ontwikkeling ervaar, te midde van absolute prêt en genot!
|